Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek

TAKE A CLOSER LOOK
ISBN: 9781775848936
Format: Softcover
Price:R190.00.00
Release Date:2024-03-22

R190.00

Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol.
Diรฉ kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref โ€™n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos โ€˜vind die pad deur die doolhof โ€™en โ€˜soek die verskilleโ€™, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok โ€™n ram of โ€™n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak.
Die Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op โ€™n avontuur deur Afrika se wildernis โ€“ of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet.

In stock

Customer Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek”