Newman se voëls van Suider Afrika PVC
Author: |
---|
R450.00
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is ‘n opdatering van ‘n klassieke voëlboek, asook ‘n huldeblyk aan een van die streek se voëlkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock (‘n opkomende voëlkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei.
Die titel bevat al die voëls wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voëls van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibie, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls van Suider Afrika is behou, maar die boek spog met ‘n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voëlgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou.
Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voël soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit.
‘n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika te gebruik.
In stock
Customer Reviews
There are no reviews yet.
Be the first to review “Newman se voëls van Suider Afrika PVC”